Gee vir ons `n mielieprys van R2500/ton en `n koringprys van R3500/ton dan produseer die Suid Afrikaanse boere kos vir 150 miljoen mense. Huidiglik word ons in toom gehou deur pryse wat baie laag daal as ons in oor produksie gaan soos nou die geval is met mielies. Goedkoop laegraad koring word ingevoer sonder invoer tariewe wat ons beskerm. Teen R2140 vir koring in Randfontein gelewer kan jy nie koring winsgewend produseer nie. Behalwe vir die invoer tariewe wat skort is daar ook `n vervoerdifferensiaal aftrekking van R400 wat Kaapse boere moet betaal vir koring wat in Kaapstad gebruik word. Hier in die Noordkaap is die vervoerdif R303 en die koring word in Hennenman of Kroonstad gemaal, nie in Randfontein nie. Ekt gedog Mulder sal inspraak doen vir die boere by Dedt Landbou maar hy is doodstil. Gee vir ons pryse dan produseer ons kos!
... View more