Ek is geen expert nie, maar dit lyk vir my na 'n korreksie. Kyk na die MTN kaart vir 'n aanduiding wanneer dit begin het. MTN het gister deur ondersteuningsvakke gebreek en lyk of dit verder gaan daal.Teen 'n gemiddelde PE van 16 is die ASLI nie besonders duur nie, maar dan is dit ook nie histories goedkoop nie. 'n Aanpassing na 'n gemiddelde PE van 12 - 13 sal almal meer gerus laat slaap. Maatskappye se wins gaan definitief onder druk begin kom met stygende inflasie en uitleenkoerse. Die mark is reeds besig om dit wat hulle antisipeer in die pryse van aandele te verdis*****eer. Ek dink nie die lang termyn bulmark is verby nie, maar vir tyd en wyl het die beer uit sy winterslaap gekom, so wees versigtig tot alle aanduidings daar is dat die bulmark weer in volle swang is. Hou die blou chip kaarte dop om dit te bevestig. Slim beleggers berei hulle voor in die slegte tye op die goeie tye, en draai nie hulle rue op die mark nie. As jy jou oe uitvee is die beste en mees winsgewinste tyd om in die mark terug te klim reeds verby.